EntertainmentLocal newsNewsNewsSport

Duisende durf Vaal Marathon aan

Die strate van Drie Riviere en Risiville was vroeg Sondagoggend (5 Maart 2023) 'n miernes van bedrywighede toe bykans 3 000 atlete die Vaal Marathon aangedurf het.

VEREENIGING. – Die gewilde wedloop word tradisioneel op die eerste Sondag van Maart gehou en lok jaarliks duisende atlete van regoor Suid-Afrika en selfs van die buiteland.

Vanjaar was die 48ste keer wat die wedloop aangebied word.

Raphael Segodi, ‘n atleet van Rocky Road Runners, het Sondagoggend in die marathon (42.2km) koning gekraai, nadat hy ongeveer by die halfpadmerk die ander atlete in sy stof agtergelaat het.

Segodi, wat die wedloop in ‘n tyd van 02:29:52 voltooi het, het na afloop van die Vaal Marathon gesê hy is effens teleurgesteld met sy tyd, maar nogtans baie bly oor die wen.

Die amptelike uitslae wys dat Thaho Nkoko, ‘n burger van Lesotho wat vir die Adventist Atletiekklub harloop, tweede gekom het in ‘n tyd van 02:36:52, terwyl Shellboy Mavuso van Sasolburg Marathonklub die derde plek behaal het in ‘n tyd van 02:38:36.

Raphael Seogodi (regs), wenner van die 2023 Vaal Marathon, saam met Thabiso Mosekili (links), van die ArcelorMittal Atletiekklub, naby die 14km merk. Foto: Christiaan Cloete

Paricia Gouws van K-Way Jeppe Atletiekklub het die vrouewedloop (42.2km) in ‘n tyd van 03:19:36 gewen. Boipelo Orekeng van die Maxed Elite Atletiekklub was tweede in ‘n tyd van 03:20:09, terwyl Motene Matshediso van die Johnson Matthey Atletiekklub die derde plek behaal het in ‘n tyd van 03:20:10.

Collin Khoza van die City of Mbombela Atletiekklub het die halfmarathon vir mans in ‘n tyd van 01:13:52 gewen. Sheldon ‘O Connor van Team Butterfly was tweede in ‘n tyd van 01:16:04 en Tlhogi Motene van Waterfall Atletiekklub derde in ‘n tyd van 01:21:35.

Elizabeth Potter van die 32Gi Atletiekklub het die halfmarathon vir vroue in ‘n tyd van 01:31:53 gewen. Helena Oberholzer van Pirates Road Running was tweede in ‘n tyd van 01:38:29 en Phemelo Gabanakgosi derde in ‘n tyd van 01:41:37.

Buiten die marathon en halfmarathon was daar vanjaar ‘n wedloop van ongeveer 30km, sowel as ‘n 10km-wedloop en ‘n 5km-pretdraf.

Robin Ballantine, ‘n atleet van Meyerton Atletiekklub, in aksie in die 30km-wedloop. Foto: Christiaan Cloete
Damon Symondson, ‘n atleet van die Dabulamanzi Kanoklub, giet ‘n watersakkie oor sy kop uit om af te koel. Foto: Christiaan Cloete
Sheldon O’connor, wat ‘n tweede plek in die halfmarathon behaal het, saam met Karabo Gabriel Nkachela van die 32Gi-atletiekklub. Foto: Christiaan Cloete
Patricia Gouws, wenner van die marathon vir vroue (in die kleure van die K-Way Jeppe Atletiekklub), saam met Denise Davies van die Run Zone Atletiekklub tydens die Vaal Marathon. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button