VANDERBIJLPARK – Die derde en laaste HYROX-simulasie wat deur CrossFit Forged aangebied word, vind op 14 November by die Vaal Mall winkelsentrum plaas.
HYROX kombineer hardloop met funksionele fiksheidsoefeninge. In die volledige formaat hardloop deelnemers telkens 1 km voordat hulle een van agt oefenstasies voltooi. Dit sluit onder meer sleetrek en -stoot, roei, burpee-spronge, farmer’s carry, sandbaksakke en muurbalgooie in.
’n Simulasie gee deelnemers die geleentheid om die formaat van ’n HYROX-wedren te ervaar en hul fiksheid en uithouvermoë te toets. Die presiese formaat kan egter volgens die organiseerders se program verskil.
Kontak Crossfit Forged op Facebook vir meer inligting.
