Meyerton parkrun vier ‘n mylpaal
Die 200ste Meyerton parkrun is Saterdag 12 Augustus by die Meyerton Sportklub gehou.
MEYERTON. – Altesaam 133 mense het die geleentheid bygewoon.
Meyerton parkrun is ‘n gratis weeklikse geleentheid wat elke Saterdag om 08:00 by Meyerton Sporklub plaasvind, waar jy 5km kan stap, draf of hardloop.
Die parkrun word deur vrywilligers aangebied en dit kos niks om deel te neem nie.
Die eerste Meyerton parkrun is op Saterdag 18 November 2017 gehou en sedertdien het dit al ‘n instelling geword met heelwat mense wat elke naweek aan die parkrun deelneem.
Die parkrun is gewild vir verskeie redes.
Parkrun moedig gereelde fisieke aktiwiteit aan, wat deelnemers help om hul kardiovaskulêre fiksheid, spierkrag en algemene gesondheid te verbeter. Gereelde oefening kan ook lei tot gewigsbestuur en verminderde risiko vir chroniese siektes.
Oefening het bewese voordele vir geestelike welstand, wat stres, angs en depressie verminder.
Deelname aan parkrun bied ‘n gereelde geleentheid om in die buitelug aan fisieke aktiwiteit deel te neem, wat geestesgesondheid positief kan beïnvloed.
Dit is ‘n sosiale geleentheid wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaar bring, vriendskappe, ondersteuningsnetwerke en ‘n gevoel van behoort bevorder.
Klik hier om meer oor die Meyerton parkrun uit te vind.
Jy kan ook Meyerton parkrun se Facebook-blad besoek vir meer inligting.





