EntertainmentLocal newsNewsNews

Kanker eis bekende Vereenigingse sokkerlegende

Hy het die bynaam verwerf toe hy met twee Engelse pennies op die sokkerveld gehardloop en hulle in sy sak geklingel het.

VEREENIGING. – Die Vereenigingse sokkerlegende Frank “Jingles” Perreira is Sondag (3 September 2023) op 77-jarige ouderdom na ‘n kankerstryd van ongeveer twee jaar oorlede.

Hy het ten tye van sy dood in Vereeniging gebly.

Perreira, wat op 2 November 1945 in Jardim do Mar in Maderia, Portugal gebore is, het tussen 1979 en 1984 vir die Kaizer Chiefs gespeel.

Hy het op ‘n plaas in Vereeniging grootgeword en van kleins af sy sokkertande geslyp deur saam met plaaswerkers se kinder op die plaas te speel.

Frank “Jingles” Perreira is Sondag (3 September 2023) op 77-jarige ouderdom na ‘n kankerstryd van ongeveer twee jaar oorlede. Foto: Kaizer Chiefs

Die Kaizer Chiefs-sokkerklub het Maandag (4 September 2023) in ‘n verklaring vir Perreira as ‘n speler beskryf wat geweldig baie tot die klub se sukses bygedra het in die vroeë tagtigerjare.

Hy het betreklik laat in sy loopbaan – op die rype ouderdom van 34 – by Kaizer Chiefs aangesluit nadat hy tydens sy roemryke loopbaan reeds 223 liga- en bekerdoele aangeteken het.

Perreira het in 2021 tydens die opening van die sportmuseum by die Dick Fourie-stadion vertel hoe hy die bynaam gekry het.

Ek het die bynaam gekry toe ek 10 jaar oud was. Ons het op Stuarts & Lloyds se velde gespeel. Ek het twee Engelse pennies in my sak gehad uit 1945 – die jaar van my geboorte – en ek het langs die kantlyn af gehardloop. Ons was besig om ‘n voorwedstryd (“curtain raiser”) vir die senior span te speel. Bobby Farrel het van die kant af geroep: “Go, Jingle Bells!”

Die bynaam het hom die res van sy lewe bygebly, maar is verkort na “Jingles”.

Frank “Jingles” Perreira op die sokkerveld. Foto: Verskaf
Hy het betreklik laat in sy loopbaan vir die Kaizer Chiefs begin speel. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button