Boetes ter waarde van R24 000 uitgereik, talle in hegtenis geneem
Die doel van die operasie was om die dorp skoon te vee van misdaad en oortreders.
MEYERTON. – Altesaam 400 voertuie, sowel as 735 mense is deursoek by ‘n padblokkade langs die Jim Fouché-pad tydens Operasie Shanela.
Twee bestuurders is in hegtenis geneem vir dronkbestuur en 12 mense is in hegtenis geneem vir oortreding van die immigrasiewet.
Bestuurders van voertuie wie se bestuurderslisensies verval het is beboet en daar was ook ‘n poging tot omkoop waarvoor die bestuurder in hegtenis geneem is.
AfriForum se Midvaal Buurtwag het saam met die polisie van Meyerton en Kliprivier, privaat sekuriteitsmaarskappye, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se veiligheidstrukture en die gemeenskapspolisiëringsforum aan dié gesamentlike gemeenskapsveiligheid operasie deelgeneem.

Shanela is ‘n zoeloe woord wat beteken “om skoon te vee” en die doel van die operasie was om Meyerton skoon te vee van misdaad en oortreders.
Volgens AfriForum Meyerton is altesaam 30 boetes ter waarde van R24 000 is ook tydens die operasie uitgereik.
Daar is tydens die operasie ook afgekom op afleweringsmotorfietse wat deur onwettige immigrante gery word.
Talle klopjagte is ook uitgevoer waartydens die 21 onwettige immigrante in hegtenis geneem, een onwettige sjebien gesluit is en sigarette gekonfiskeer is.
Volgens Gerrit Viljoen, die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, se burgemeesterskomiteelid vir paaie en openbare veiligheid is daar ook gekonsentreer op dwelms, onwettige mynbou en gesteelde goedere.
Mense wat betrokke wil raak by AfriForum se Midvaal Buurtwag kan ‘n WhatsApp-boodskap aan 072 771 9081 stuur of die buurtwagleier, Hennie Dreyer, op 079 876 4559 skakel.
Sluit by AfriForum Midvaal se Facebook-blad aan deur hier te klik.

