EntertainmentNews

Boereorkes uit Vaal benoem vir Afri-Indie toekenning

Nog ‘n top boeremusiek orkes uit die Vaaldriehoek is besig om goot sukses te behaal.

Die Kliprivier Boereorkes, ‘n plaaslike boeremusiek orkes uit die Vaaldriehoek, is benoem vir ‘n Afri-Indie-toekenning.

Die orkes, wat bestaan uit Martin Venter, ‘n plaaslike sakeman, en Hannes Badenhorst, ‘n lid van die polisie en hofordonans, is benoem in die kategorie “Beste Instrumentele Boeremusiek”.

Hulle ding mee met van Suid-Afrika se voorste boere orkeste, soos die Kaapland Boereorkes en Jaco & Manie.

Die plaaslike boereorkes is genooi na die Afri-Indie glansgeleentheid wat Woensdagaand (7 Augustus) in Menlopark in Pretoria plaasvind.

Die orkes se musiek is ook baie gewild op die radio.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button