Petro Smuts in plaasdrag by die 250ste Meyerton parkrun. Foto: Christiaan Cloete
*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (16 – 22 August, 2024) verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.
MEYERTON – Parkrunners het op Saterdag, 10 Augustus die 250ste Meyerton parkrun in ‘plaasdrag’ gevier.
Dié gratis weeklikse 5km, wat Saterdae omstreeks 08:00 by Meyerton-sportklub gehou word, het agt jaar gelede ontstaan toe Roland en Anel du Plessis met behulp van ‘n groep vrywilligers hul droom om ‘n parkrun in Meyerton te vestig, verwesenlik het.
Roland du Plessis, die vader van Meyerton-parkrun, saam met sy seun, Barend, by die 250ste Meyerton parkrun. Die nar-kostuums is ter bewusmaking van die Madmac-wedloop, wat op 6 Oktober by Café du Cirque plaasvind, te skep. Foto: Christiaan Cloete
Die droom is bewaarheid toe die eerste parkrun op 17 November 2017 gehou is.
Sedertdien word die parkrun bykans elke week aangebied (slegs die Covid-pandemie kon daarin slaag om die parkrun tydelik te stuit).
*Die Meyerton parkrun begin elke Saterdag stiptelik om 08:00 by die Meyerton-sportklub. Besoek Meyerton parkrun se webwerf hier of amptelike Facebook-blad hier vir meer inligting.
Meyerton-atletiekklub se “K.G.” hardloop die 250ste Meyerton parkrun as “Carolus van Tonder”. Foto: Christiaan Cloete
Die roete is langs die Kliprivier en is baie mooi, veral na ‘n somerreëntjie.
Die parkrun is ook hondvriendelik, en besoekers kan gerus hul vierpotige vriende saambring.
Danelle Dreyer in volle vaart by die 250ste Meyerton parkrun. Foto: Christiaan CloeteTarryn Thirtle in haar kleurvolle kostuum tydens die 250ste Meyerton parkrun. Foto: Christiaan CloeteDesmond Richardson poseer vir ‘n kamera in plaasdrag tydens die parkrun. Foto: Christiaan CloeteRoelf Laubscher voltooi die 250ste Meyerton parkrun. Foto: Christiaan CloeteWimpie Naudé, direkteur van Meyerton parkrun, met luidspreker in die hand tydens die 250ste Meyerton parkrun. Foto: Christiaan Cloete‘n Parkrunner en haar vierpotige vriend neem deel aan die Meyerton parkrun. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!