Local newsNews

Waterpyp spoedig herstel

'n Lekkende waterpyp in Faraday-boulevard het CE-areas sonder water gelaat. Ander areas se waterdruk is baie laag.

VANDERBIJLPARK – ʼn Waterpyp wat lek in Faraday-boulevard het inwoners van die CE, die middedorp en gedeeltes van CW3 sonder water of met baie lae waterdruk gelaat.

Die pyp is gister reggemaak en laatmiddag is die watertoevoer herstel. Daar is egter gevind dat die pyp steeds lek en daarom is daar vandag voortgegaan met die werk.

Die gat moet eers gedreineer word. Foto: Jo-Anne Geldenhuys

Teen vanoggend 10:00 was die meeste water uit die groot pyp en kon daar met herstelwerk begin word.

Die geaffekteerde areas behoort oor ʼn paar uur weer water te hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button