SASOLBURG – ‘n Persoon se matrieksertifikaat is die een dokument wat altyd relevant bly, maak nie saak hoe oud jy word nie.
Die stukkie waardevolle inligting het waarskynlik die twee slimkoppe van Sasolburg HS se ore bereik.
Of Stefan Strydom en Chloe de Witt dit in berekening gehou het of nie sal die feit dat hulle onder die top 50 leerlinge in die Vrystaat aangewys is, beslis help wanneer dit by beurs- en werksaansoeke kom.
Die twee SHS-matrikulante is pas by die Vrystaatse Departement van Onderwys se funksie in Bloemfontein onder die Top 50 Matrieks in die Vrystaat aangewys. Strydo spog met die 12de beste en de Witt met die 44ste beste uitslae in die Vrystaat. En dit is nie te versmaai nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
