Local news

Verjaarsdag verrassings vir onse Caitie Rock

Caitie Rock, een van Dokkies en die Vaaldriehoek se blinkste jong sterre, het onlangs 16 geword. Veels geluk Caitie. Lees meer...

MEYERTON – Die talentvolle Caitie Rock is bekend as solo sanger en as lid van die 4 Eva Young Band. In 2022 was sy Annie, in die musiekblyspel Annie wat deur die Pretoria Jeugteater aangebied is.

‘n Droom word waar. Caitie maak nader kennis met ‘n olifant. Foto verskaf/Theresa Rock

Sy was toe in graad ses. Vandag is sy ‘n jong dame van 16 aan die Hoërskool Dr. Malan. Haar familie en vriende het groot gegaan vir hierdie belangrike verjaarsdag.

Die naweek voor haar verjaarsdag op 3 April het haar ouers, Theresa en Fabian, haar verras met ‘n besoek aan die Elephant Sanctuary in Hartbeespoort.

Hier het sy ‘n groot droom bewaarheid deur saam met die olifante te stap. Op haar verjaarsdag, het Caitie gedink die gesin gaan net by Steam Café eet. Intussen het haar ouers vir haar ‘n verrassingspartytjie saam met haar beste vriendinne beplan.

Sy kon haar oë nie glo toe sy in die vertrek instap met die baie blou en wit ballonne, en al die vriendelike gesigte nie.

Caitie kry ‘n groot verjaarsdagdruk van haar pa Fabian na hy ‘n toespraak gelewer het. Foto: Eljse van Zyl

Die afgelope vakansie was ‘n besige een vir Caitie. Sy het aan die ASAatletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem in haar twee gunsteling baanitems. Die 100m- en 400m-hekkies waar sy haar doelwit bereik het.

Sy het o18 deelgeneem en wou net onder die eerste 12 eindig. Uiteindelik het sy ‘n10de en 11de plek gekry onder die top 24 hekkiesatlete vir hierdie ouderdomsgroep in die land.

Naas atletiek geniet Caitie dit om hokkie te speel en is sy vlak na haar verjaarsdag op ‘n hokkietoer na Bethlehem, saam met die res van die Dokkies se o16-span.

Sy werk hard aan nuwe liedjies vir opname later die jaar. Een van haar eerste optredes na die besige atletiekseisoen is by die Eureka Skool se Damestee wat op 23 Mei by die Hoërskool Dr. Malan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button