Dis nou toewyding wanneer jy die wit van jou
oë met swart ink laat tatoeëer. Daar is amper
nie ‘n ledemaat van JC Duvenhage wat nie
‘n ringetjie in het of ink daarop het nie. Die
Bikers wat wou kon tydens die Centurions
Vaal se Riddle Bunny Run ‘n tatoeëermerk
gekry het.
VANDERBIJLPARK – Die Centurions Vaal Motorfietsklub in Shakespearestraat het op Saterdag, 4 April, sy jaarlikse Riddle Bunny Run gehou.
’n Dag waar brullende enjins en paashaasvreugde mekaar omhels het.
Dylan Cromhout kry bietjie ink by JC Duvenhage. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Oud en jonk het dit gate uit geniet terwyl motorfietse deur die straat gedreun het.
Paaseiers is oral tussen die pret weggesteek en die opgewonde soekery het die kinders laat skaterlag.
DJ Ben het die atmosfeer verder met lekker treffers aangeblaas, terwyl kosstalletjies iets vir die keel en die maag gebied het.
Die hasie is haastigop pad om iets vir die keel te kry.
’n Hoogtepunt was die aanwysing van die bes geklede paashaas en die wenner van die inkleurwedstryd.
Elke bywoner is bederf met ’n spesiale metaalplaatjie in die vorm van ’n paaseier – ’n perfekte aandenking.
Brullende ysterperde staan gereed vir aksie.
Vir die dapperstes was daar selfs die geleentheid om ’n tatoeëermerk te kry. In ‘n neutedop was dit ’n dag vol aksie, lag en Paaspret.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za