Entertainment

Midvaal maak vinnige vordering in Oorlog teen Slaggate

Midvaal sê meer as 460 slaggate is reeds binne net ’n week herstel sedert die begin van sy Oorlog teen Slaggate-veldtog.

MEYERTON – Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê hy het binne bykans ’n week reeds beduidende vordering gemaak in die sogenaamde Oorlog teen Slaggate.

Die munisipaliteit het verlede week die veldtog van stapel gestuur om Midvaal se paaie reg te ruk ná swaar reënval die afgelope weke.

Die veldtog het ten doel om herstelwerk te versnel, slaggate toe te stop en Midvaal se paaie weer in ’n uitstekende toestand te herstel.

Rdh. Peter Teixeira, burgemeester van Midvaal, spreek werkers toe tydens die bekendstelling van die veldtog. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Midvaal is 460 slaggate binne ’n week toegestop en ’n oppervlak van sowat 346,2 m² herstel.

Die werk is in verskeie gebiede gedoen, insluitend Buyscelia, Meyerton se middedorp, Meyerton Uitbreiding 4, Glen Donald, Meyerton Farms en Riversdal.

Daarbenewens het spanne verskeie paaie suksesvol geskraap, insluitend Tonbridgeweg in Henley-on-Klip, Napoleonweg in Kliprivier en De Wetweg in Buyscelia.



Soos belowe, het die munisipaliteit ’n toegewyde e-posadres vir inwoners geskep om padverwante probleme aan te meld: waronpotholes@midvaal.gov.za.

Paaie word in Midvaal herstel.

Die verslae sal gemonitor word om te verseker dat dit na die betrokke departemente verwys word vir spoedige aandag.

Die spanne sal hierdie week hul werk in Walkers Fruit Farms voortsit, met fokus op 1ste Weg, Meyertonweg, Crossweg, De Deurweg, Walkerweg, Plantationweg, Newweg, Centralweg, Powerweg en Ciderweg.

Sodra die werk daar afgehandel is, sal die spanne na Meyerton Farms beweeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button