VEREENIGING – Die Valke se klubrugbykampioen vir 2026 Die Vereeniging Rugbyklub is tans hard besig om vir die Gold Cup voor te berei.
Die span kom more-middag om 15:00 op sy tuisveld teen die Valke Plattelandspan te staan om vir sy eerste Gold Cup-kragmeting aanstaande Saterdag teen Bethlehem Oud-skoliere voor te berei.
Die aanvanklike bepalings het fel kritiek ontlok met Vereeniging en Brakpan – die twee Valke spanne wat deurgedring het – wat teen mekaar sou speel.
Die Panne kom nou in die eerste rondte teen die Grizzlies te staan. Die Gold Cup is immers daar om klubrugby regdeur Suid-Afrika te bevorder en dit sou sinneloos wees vir die twee Valke-finaliste om weer teen mekaar te speel.
Vereeniging se eerste span het Donderdagaand hulle nuwe oefenhempies vir Gold Cup ontvang.
