EntertainmentNews

Vaalies trek hul kostuums aan vir Comic Con

Van die Vaaldriehoek tot NASREC: wys ons watter karakter jy dié naweek word.

NASREC – Superhelde, skurke en karakters uit speletjies en rolprente loop dié naweek tussen die besoekers by Comic Con Africa rond.

Die geleentheid het Donderdag by die Johannesburg Expo Centre begin en duur tot Sondag 27 September.

Aanhangers kan strokiesprente, speletjies en ander popkultuur-vermaak verken, terwyl baie besoekers as hul gunstelingkarakters aantrek. Dié gebruik staan as cosplay bekend.

*Is jy ’n Vaalie by Comic Con? Stuur jou foto, naam, tuisdorp en die naam van jou karakter aan ons. Ons wil sien hoe die Vaaldriehoek daar lyk!

Heinz Kitshoff van Meyerton as The Penguin, die bekende Batman-skurk, by Comic Con Africa in NASREC. Foto: Facebook

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button