Entertainment

Vandag vier ons ons aptekers

Wêreldaptekerdag plaas vandag die kollig op die belangrike rol wat aptekers in ons gemeenskappe speel.

SUID-AFRIKA – Aptekers regoor die wêreld word vandag, 25 September, vereer met die viering van Wêreldaptekerdag.

Die dag plaas die kollig op die belangrike rol wat aptekers in gemeenskappe en die gesondheidsorgstelsel speel.

Vir baie mense is hul plaaslike apteek een van die eerste plekke waar hulle aanklop wanneer hulle siek voel of raad oor medikasie benodig.

Aptekers doen egter veel meer as om net voorskrifmedisyne uit te reik.

Hulle gee onder meer raad oor die korrekte gebruik van medikasie, moontlike newe-effekte en die veilige gebruik van verskillende medisyne saam.

Hulle kan ook raad gee oor oor-die-toonbank-medikasie en help om te bepaal wanneer simptome verdere mediese aandag vereis.

Wêreldaptekerdag is in 2009 deur die Internasionale Farmaseutiese Federasie (FIP) ingestel. Die datum van 25 September is gekies omdat die organisasie op dié dag in 1912 gestig is.

Die dag is ook ’n goeie geleentheid om mense te herinner om medikasie verantwoordelik te gebruik en ’n apteker of dokter te raadpleeg wanneer hulle onseker is.

Vandag sê ons dus dankie aan die aptekers wat elke dag ’n belangrike diens in ons gemeenskappe lewer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button