SportSportSport

Plaasklonkies vat die atletiekbaan dorp toe

Hope talent by atletiekdag.

VANDERBIJLPARK – Die Plaasklonkies Kleuterskool het verlede Saterdag op die Laerskool D.F. Malherbe se velde sy jaarlikse atletiekdag gehou met die kleinspan wat sy beste voetjie voorgesit het.

Die jongelinge het onder meer aan die naellope, hekkies, verspring en boontjiesakstoot deelgeneem. Daar was groot opgewondenheid op en langs die baan danksy die ouers, grootouers, boeties en sussies wat die energieke atlete luidkeels aangemoedig het.

Die byeenkoms was ’n geleentheid vir die kinders om deur spel en beweging te leer, pret te hê en die dag saam met hul families te geniet. Daar was lekker snoepgoed en ‘n feestelike atmosfeer het die lug gevul.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button