VEREENIGING – Kuikenmoord. Dit is wat die eerste rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub (VRK) vanmiddag op sy tuisveld gepleeg het, toe hy Bethlehem Oud-skoliere met 105-3 in die eerste ronde van die Pick n Pay Gold Cup afgeslag het.
Enige sege in die Gold Cup sal met albei hande aangeryp word, maar ‘n weghoolwinning soos hierdie is slegs van akademiese belang.

Die besoekers van die Oos-Vrystaat is in elke afdeling van die spel oorweldig en was glad nie opgewasse teen die tuisspan nie. Die kalf was reeds in die put teen rustyd toe tuisspan met ‘n voorsprong van 43-3 gaan water drink het.
Agterlangs het die bal selde verby die binnesenter vir die besoekers gevorder en as dit gebeur het, het ‘n aanslaan of ongedwonge fout gevolg.
Wedstryde van hierdie aard is glad nie goed vir klubrugby nie. Vir die ego en selvertroue doen dit wondere maar of dit in die lang duur enige waarde inhou sal mens nie weet nie.
Benewens die feit dat die tuisspan van die afskop af op al sy suiers gevuur het, het sy afrigtingspan waarskynlik min wys geword. Die manne van Vereeniging kom nou eerskomende Saterdag op sy tuisveld teen Randfontein te staan.

So lyk die bepalings vir die volgende ronde van die Gold Cup:
