Local newsPhoto GalleriesSchool

As ‘n graad R-klas dieretuin toe gaan

Die apies was baie stout, die paddas groot en toe word hulle honger .... lees hier meer oor wat die graad R leerlinge van die dieretuin gedink het.

VANDERBIJLPARK. –  Wat is nou lekkerder as om gedurende skooltyd by die dieretuin te kan rondhang?

Die voorreg het die graad R-klasse van die Laerskool Kollegepark op 17 September te beurt geval toe hulle kon besoek aflê by die Emerald Casino se dieretuin.

Die jongspan was super opgewonde oor die uitstappie wat al maande gelede beplan is, maar wat weens die Covid-inperkings uitgestel moes word.

Almal het gehoed en gemasker die dag geniet.

Daar is darem tyd gemaak vir speel en middagete ook.

Die personeel wat die besoek meegemaak het, het die volgende reakisies van die kleingoed neergepen:

“Joh Juffrou daai was ‘n groot padda gewees.”

“Ag Juffrou, daai wolf is amper soos ‘n hond.”

“Juffrou wanneer kan ons nou eet? My maag praat al so honger is hy.”

“Juffrou om op die parkie te speel was die heel lekkerste ding wat ons vandag gedoen het.”

“Juffrou die slange is darm maar baie groot.”

“Die apies is darm die oulikste. Hulle is baie stout juffrou.”  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button