News

Kragonderbreking van tien uur vir dele van Vereeniging beplan

Inwoners van onder meer Arcon Park, Unitas Park en Redan moet Sondag gereed wees vir ’n beplande kragonderbreking van 09:00 tot 19:00.

VEREENIGING – Dele van Vereeniging sal op Sondag 1 November sonder elektrisiteit wees terwyl die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit geskeduleerde instandhouding en herstelwerk by die Vereeniging DS-substasie uitvoer.

Die kragonderbreking word van 09:00 tot 19:00 beplan.

Volgens ’n munisipale kennisgewing wat op 27 Oktober uitgereik is, sal die las van die 45 MVA-kragtransformator 2 na kragtransformator 1 oorgedra word om die werk moontlik te maak.

Die volgende gebiede en geriewe sal geraak word:

  • Vereeniging se middestad
  • Peace Haven
  • Duncanville-uitbreiding 3
  • Duncanville se nywerheidsgebied
  • Arcon Park
  • Unitas Park
  • Unitas Park-uitbreiding 3
  • Mediclinic
  • Kopanong-hospitaal
  • Redan
  • Dele van Drie Riviere

Die munisipaliteit waarsku dat die kragtoevoer vroeër as die beplande eindtyd herstel kan word. Verbruikers moet daarom alle elektriese stroombane en toestelle deurgaans as lewendig beskou.

Emfuleni het om verskoning gevra vir enige ongerief.

Vir meer inligting kan die elektrisiteitsbeheerkamer per WhatsApp by 065 871 7483 gekontak word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button