News

Meyerton Knights teen Boksburg

Die Meyerton Knights het die afgelope Saterdag vir hope opwinding op sy tuiseveld gesorg toe die klub teen Boksburg kragte gemeet het.

Uitslae

Meyerton Knights 2 wen 47-0 teen Boksburg.

Meyerton Knights 1 verloor net-net met 19-21 teen Boksburg.

Volledige berig en nog aksiefoto’s in Vrydag se Vaalweekblad.

Hardus Terblanche, kaptein van die Knights se eerstespan op die aanval teen Boksburg, terwyl heelagter Ruvo du Preez gereed is as die bal uitgegee word. Foto’s: Elsje Vermeulen
Die Knights se tweedespan se verdediging was bankvas en het verhoed dat Boksburg kon punte aanteken.
Chris van der Merwe, kaptein van die Knights se tweedespan met bal in hand. Agter hom is Kevin Steenkamp en losskakel Peet Havenga.
Losskakel Peet Havenga het kort nadat hy die doelskop netjies tussen die pale deurgestuur het, sy elmboog gebreek en moes hospitaal toe vir ‘n operasie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button