Local newsNews

Potjiekos, pret en plesierigheid

'n Potjiekoskompetisie, groot kuier en baie lag was 'n wenresep by Herfsoord/Siësta verlede Saterdag.

VANDERBIJLPARK – Die potte het vroeg-vroeg begin prut. Stalletjies is opgeslaan en op die grasperk het die springkastele verrys.

Die Wilde Weste se kokke. Enrico Visagie, Jan van der Linde en Marius Visagie. Foto: Gerda Bruinette

Die weer het saamgespeel en inwoners van regoor Herfsoord en Siësta het hul stoele gebring en heerlik saamgekuier by die oord se amptelike potjiekoskompetisie.

Hennie de Jager, Hitler en Dorette Klungenberg en Elbé de Jager. Hul span het ‘n Duitse-tema gehad. Foto: Gerda Bruinette

Victor Bravo het die musiek verskaf. Terwyl die spanne hul potte gebou het, kon die mense die ergste hongerpyne by die stalletjies vul. Daar was alles van samoosas tot pannekoek, beskuit en Wilde Weste koffie.

Personeel en besoekers line dans op Shania Twain se Man, I feel like a woman. Foto: Gerda Bruinette

Onder die gazebo’s was daar ‘n verskeidenheid van potjies in wording van lamskenkel en bees tot by ‘n afval-pot. By die beespotjie van die De Jagers en Klungenbergs het hul in tipies Duitse-tradisie warm gluhwein voorgesit.

Piet en Sonja van Wyk by hul Lam en Vlam pot. Foto: Gerda Bruinette

Terwyl die inwoners eetsaal toe is om te besluit watter potjie hulle gaan nuttig, het die beoordelaars geproe en kopgekrap om die wenners te bepaal.

Pieter janse van Rensburg en Pieter Groenewald se lamskenkel en afvalpotte was ‘n treffer. Foto: Gerda Bruinette

Na vele beraadslaging het Die Pottenaars se Old Brown Sherry Lamskenkelpot met die louere weggestap.

Sekuriteit Sonder Grense se Ruan Swanepoel en Corné Meyer by hul biltongpot en hoenderpot. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button