SASOLBURG – Die Vaaldriehoek is steeds in skok nadat een van sy bekendste inwoners vanoggend skielik oorlede is.
James Vermaak (62) ‘n bekende gevegskunskringe is vanoggend skielik oorlede.
Die presiese oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie. Vermaak het die afgelope paar jaar met sy gesondheid gesukkel. Honderde leerlinge het onder sy leiding by die Vaalpark Martial Arts & Fitness Academy (VMAF) gevegkuns en selfverdediging beoefen.

Hy was onder meer die Suid-Afrikaanse gevegskuns-dojohoof en direkteur van die International Combat Organisation (ICO).
‘n Gesiene en gerespekteerde figuur nasionaal en internasionaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
