Local news

Wat is fout met die Vaalrivier se visse?

Groot kommer heers oor die gesondheid van die Vaalrivier se visspesies. Kenners vra dat hengelaars foto's en inligting aanstuur.

Daar heers groot kommer oor die gesondheid van die Vaalrivier se ekosisteem nadat ‘n hengelaar se Facebook plasing op die Vaalweekblad groep hewige reaksie ontlok het.

Juanita Dekkers het haar kommer op sosiale media uitgespreek nadat hulle in die Deneysville area gaan hengel het. Sy sê dat die visse baie siek is en bloed onder die skubbe en vinne deursyfer.

Die Facebook plasing wat Juanita Dekkers op die Vaalweekbladgroep gemaak het.

 

Meer as 220 mense het op Dekker se plasing kommentaar gelewer:

Leon Joubert sê dat ie meerderheid dwatersuiweringsaanlegte langs die Vaalrivier vir jare nie meer werk nie wat veroorsaak dat riool en chemikalië in die rivier stroom.

Leon Joubert se Facebook plasing. Foto: Skermskoot/Vaalweekblad Facebookgroep.

Terri Bensch het ‘n video van riool wat oorvloei, beweerlik in Eco Park, gedeel:

Hier is nog kommentaar wat op die plasing gelewer is:

Kommentaar op Vaalweekblad se Facebookgroep.

 

Skermskoot van kommentaar op Vaalweekblad se Facebookgroep.

 

Henning Vosloo meen egter dat parasiete onder visse se skubbe, soos op die foto’s, nie ongewoon is nie. Hy sê ook dat karpe tydens paartyd beserings opdoen soos wat mannetjies visse probeer om by die wyfies uit te kom en in die proses teen klippe en takke skuur.

Skermskoot van kommentaar op die Vaalweekblad Facebookgroep.

 

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button