Amper tyd vir Lewenslig se 4×4 dag, wie kan help?
Die Liggies geniet elke jaar hul 4x4 avontuur baie, en die vrywilligers geniet dit nog meer! Indien jy kan help, lees hier...
VANDERBIJLPARK – Dis elke jaar ʼn hoogtepunt op die Die Lewenslig Sentrum vir volwasse verstandelik gestremde persone se kalender. Die 4×4-dag.
Op dié dag word hulle in 4×4-voertuie na ʼn plaas buite Vanderbijlpark geneem waar hul op ʼn 4-4 roete geneem word. Daarna is daar altyd gebraaide boerworsolle en natuurlik roomys.
Hierdie jaar vind die groot dag op Vrydag, 13 November plaas. Hooforganiseerder Klippies Kritzinger het op Facebook hul lys van benodighede geplaas. Dit sluit in:
*4×4-voertuie
*Boeries (Buns, Botter en Wors) vir +- 60 – 70 mense
*T-hemde & Keppies met borg se naam op
*Koeldrank/water/snoepgoed
Selfs ‘n kontant donasie sal waardeer word.
Kontak gerus vir Klippies op WhatsAppnommer 084 653 0211 indien jy kan help.
