Local news
Ons weet wat ons weet
Dis amper Kersfees. Skryf kinders nog vir Kersvader en wat wil hulle vir Kersfees hê? Laerskool Eligwa se juniors het hul gedagtes gedeel.
Ryan van Zyl Ons gaan Kersfees in Dubai wees. Ons gaan by my nefie-hulle kuier.

Chardone Jonker Ek moet nog my lysie maak. Ek sal enige iets vat vir Kersfees.

Nathan Jonker Ek soek goed waarmee jy onder die water kan asemhaal. ‘n Snorkel en paddavoete.

Kaylee Cock Ek het al ‘n briefie vir Kersvader geskryf. Ek wil ’n trampoline hê, myne het gebreek of Barbie meubels.

Angela Santos Ek het al ‘n briefie geskryf, maar ek het vergeet waarvoor ek gevra het.

Keegan Prinsloo Ek het vir Kersvader ‘n brief geskryf. Ek wil ‘n Samsung Galaxy foon hê. Kersvader is ‘n ryk man. Hy kan kindertaal lees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
