Local news

Opgewondenheid en trane op eerste skooldag

Emmies verwelkom nuwelinge met ope arms.

VANDERBIJLPARK – Eerste skooldae is maar ‘n emosionele storie. Daar is trane, rou snikke en glimlagte.

En dis net die ouers na wie daar verwys word. Vaalweekblad het Dinsdag, 14 Januarie by die Laerskool Emfulenipark gaan inloer om die kleinspan se eerste dag by die grootskool saam met hulle te beleef.

Die Emmies se leerlingraad en onderwysers het die nuwelinge ‘n dag voor die amptelike begin van die skooljaar verwelkom om te voorkom dat daar te veel vreemde gesigte op een slag hulle oorweldig.

Mammas en pappas het saam met hulle spruite gesit en wag om die nuwe hoofstuk in hul skoolloopbaan aan te durf.

In die algemeen was dit suksesvol, maar vir party was dit net te veel. Maar daar’s niks fout daarmee nie, elke dag sal dit net beter gaan.

Thaira Kotze staan vir ‘n fototjie op haar eerste skooldag.
Bietjie bang maar steeds vriendelik genoeg om vir Vaalweekblad se fotograaf te waai.
Min hande, baie om te dra. Darem word die vrag minder na die eerste skooldag. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Die bulletjie Liwan Nortje het vinnig die trane afgevee en die dag aangegryp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button