VANDERBIJLPARK – Daar was Maandagoggend ‘n paar seer lywe en koppe in die Vaaldriehoek. Maar dit is wat gebeur as jy saam met Fokkofpolisiekar, Green Day en Offspring partytjie hou.
Calabash 2025 het die FNB stadion in Johannesburg soos ‘n vloedgolf getref. Verskeie Vaaldriehoekers het die inskrywing op hulle emmerskoplysie afgetik.
Vaalweekblad het bietjie met gelukkige Valies gaan gesels oor hulle belewenis by Calabash 2025.
Noem maar die internasionale kunstenaar of musiekgroep en daar is ‘n goeie kans dat Dave Hammond (regs voor), stasiebestuurder van IFM 102.2, al skouers met hulle geskuur het. Hy het die afgelope naweek die voorreg gehad om Green Day by Calabash 2025 agter die skerms te ontmoet.Calabash 2025.Dorette Daneel (rooi hemp) van Vanderbijlpark het saam met skoolvriende van 25 jaar gelede Calabash bygewoon. “Van links is: Magdel Venter, Jaco Botha en Herco Botha. “Dit was ‘n belewenis met al daai mense. Baie kleurvolle karakters gesien. Musiek was great, bier was koud en die recovery twee dae. Ek het van kinders totou mense gesien en almal het saam gedans en sing. Moet sê dit was die suffer werd,” skerts Dorette.Isabel Potgieter (regs), omroeper van 90.6 FM was ook daar saam haar vriendin Ann-Marie Lindeque. Dis wat Isabel te sê het: “Die samedrom van derduisende mense om hierdie eens-in-’n-leeftyd ‘show’ by te woon was ‘n belewenis! Die ‘bands’ was beter as wat mens ooit sou indink. FPK ken ons al, maar daai manne mag maar ‘n ‘show’ gooi. The Offspring se manne mag dalk nie meer so jonk wees nie, maaar ek het lanklaas so lekker ge’jam’. Green Day was amazing! Regtig, alles was great. Behalwe die verkeer en die bier wat by sommige kroee op was voor die main act, maar dinge soos dit gebeur by groot events.”.Regs bo: Al die pad van Vanderbijlpark. Ruyten Bukes; Daniel Bukes, Gerdalize Bukes en Ilze Bukes by Calabash 2025. Gerdalize het haar verjaarsdag in styl gevier. Dis hoe sy die belwenis beskryf het: “Amazing Show, dit was ‘n once in a lifetime experience. Maandag was ‘n lang dag,”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za