Local news

Ons weet wat ons weet

As jy ‘n nuwe speelding kon ontwerp, wat sou dit wees? Vaalweekblad se Gerda Bruinette het met Laerskool D.F Malherbe se juniors gaan gesels

Becke Herbst ‘n Karretjie. Ek hou van lego’s speel en sal ‘n geel Jeep ontwerp wat met sonkrag werk.

Becke Herbst

Meyer Potgieter Ek sal ‘n hoog klimraam vir katte maak, met ‘n scratchy pad en ‘n balletjie waarmee hul kan speel. En daar sal sulke huisies vir ‘n kat en ’n klein Frenchie (Franse bulldog) wees met games in. Ek sal dit wit verf. Ek hou baie van katte.

Meyer Potgieter

Ryan van der Walt ‘n Rooi Mercedes sportmodel. Moet groot wees sodat ek daarin kan sit en dan ry ek met hom rond. Dit sal met batterye werk.

Ryan van der Walt

Mia Naude  Ek sal laat hulle ‘n babapop bou, ‘n dogtertjie met regte hare. Die pop moet ‘n sag lyfie met harde bene, armpies en kop hê en sy moet kan sit sonder om om te val.

Mia Naude

Bion van Niekerk Ek sal ‘n rugbybal ontwerp wat sê hoeveel keer jy ‘n drie kan druk. Die bal moet ook self terugkom as ek hom skop en my vooraf sê of gaan hy oor die pale wees of nie.

Bion van Niekerk

Akira Lombard Ek wil ‘n speelgoed naaldwerkmasjien bou wat in so groot boks (sy beduie omtrent 30 x 30cm) pas. Dit moet neon groen wees en daar moet materiaal en garing by wees. Ek wil rokke, kouse, broeke en hemde kan maak, nes my twee oumas.

Akira Lombard

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button