Local news

Ons weet wat ons weet

Wat is die lekkerste van skool en waarvan hou jy nie so baie nie? Laerskool Eligwa se juniors het met Gerda Bruinette gesels.

Nerice Raath Ek hou daarvan om met my maats te speel. Ons mag handstands en wawiele doen, solank niemand seerkry nie. Ons praat baie. Ek hou nie daarvan as mense met my baklei nie en as hulle terugpraat maak dit my kwaad.

Nerice Raath

Hanro Kruger  Die lekkerste is om te leer, veral wiskunde. Ek hou nie daarvan as maatjies my boelie nie.

Hanro Kruger

Juan-Mari Putter Ek hou daarvan om te werk, veral om te teken. Ek kan mooi teken. Ek hou nie van pouse nie, want die kinders skreeu. Pouse is nie lekker nie.

Juan-Mari Putter

Conrad Kriel Lekkerste is om saam met my maatjies te speel pouses. Ek hou nie daarvan as kinders my boelie nie of as hulle baklei as ons rugby speel nie.

Conrad Kriel

Declan Muller Ek hou daarvan om te werk, te lees en pouse te hou en die karnavalle en colour run. Ek hou nie so baie van spel nie en ook nie as ons onder die afdak moet sit omdat ons stout was nie.

Declan Muller

Hailey Boshoff Ek hou die meeste daarvan om pouses saam met my maats te speel. Ek hou baie van Engels, maar nie van wiskunde nie. Ek hou nie daarvan as juffrou vir ons huiswerk gee wat ons self moet doen sonder dat sy help nie.

Hailey Bosfhoff

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button