CommunityNewsNews

Ma beken oor haar dogterjie se wurgdood – Video in hof

Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. – ‘n Maand en ‘n half na die wurgdood van Michelle Koekemoer (9) op 9 Junie in haar slaapkamer by die Periston House-woonstelle in Helena Lochnerstraat in SW1, het haar ma Soniya Vrydag 22 Julie ‘n bekendtenis afgelê. Sonja Koekemoer (34) het Maandag 25 Julie in die Streekhof op Vanderbijlpark verskyn …

Jannie du Plessis
VANDERBIJLPARK. – ‘n Maand en ‘n half na die wurgdood van Michelle Koekemoer (9) op 9 Junie in haar slaapkamer by die Periston House-woonstelle in Helena Lochnerstraat in SW1, het haar ma Soniya Vrydag 22 Julie ‘n bekendtenis afgelê.
Sonja Koekemoer (34) het Maandag 25 Julie in die Streekhof op Vanderbijlpark verskyn i.v.m. die dood van haar dogtertjie. Soniya het verlede maand in verklaring gesê dat sy die oggend wakker geword met ‘n tou om haar eie nek. Sy het na Michelle se kamer gegaan en Michelle se lewelose liggaam gevind. Soniya is daarna na die buurman, Sebastiaan Slabbert, vir hulp.
Die saak is uitgestel na Donderdag 28 Julie wanneer Soniya amptelik gaan pleit. Soniya bly in aanhouding. LEES VERDER IN VAALWEEKBLAD 27 JULIE.

634A8344 (1) (Small)
Soniya Koekemoer (34) in die hof Maandag 25 Julie. Foto: Jannie du Plessis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button