CommunityNewsNews

Pornografie op Du Preez se foon gekry

VEREENIGING. - Getuies in die #DuPreezHofsaak is behoorlik gepeper met vrae die afgelope week. 

Fanie du Preez (40) staan tereg op drie aanklagtes van moord, twee vir die besit van ongelisensieërde vuurwapens en amunisie en een aanklag van regsverydeling.

Ao. Alberts het vandag in die hof bevestig hy het foto’s van Du Preez se foon afgehaal waarvan meeste pornografiese materiaal was.

Die hof het vroeër die week gehoor Du Preez wou sy eie besigheid begin wat ‘n bordeel sou wees.

Die saak is tot 17 Oktober uitgestel.

* Volg gerus Vaalweekblad by www.vaalweekblad.com vir gebeure in die #DuPreezHofsaak of volg ons Facebook-blad Vaalweekblad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button