CommunityNewsNews

Du Preez nie borg gekry soos ‘belowe’

VEREENIGING. - Landdros Lorraine Lourens het om 11:20 haar plek in die getuiebank ingeneem. Sy is werksaam by die munispale hof en het ingestem om die Sondag na die moord Fanie du Preez se verklaring af te neem.

Adv. Van Der Merwe wou weet of die regte prosedure gevolg is en of die verklaring die ware weergawe is.

Landdros Lourens getuig Du Preez het gevoel hy het nie ‘n prokureur nodig nie en die verklaring is in Afrikaans afgeneem soos hy versoek het. Landdros Lourens het die verklaring, wat 10 bladsye lank was, vir hom gelees en hy was tevrede en het geteken.

Advokaat Van Wyk wat vir die beskuldigde optree sê Du Preez het vir hom gesê hy het nie al die vrae verstaan nie. Du Preez is van mening hy het nie sy borg ontvang soos hy ‘belowe’ is nie. Landdros Lourens sê sy het hom gedurende die aflê van die verklaring vrae gevra wat hy gesê het hy verstaan.

Regter Hennie De Vos is van mening adv. Van Wyk vra irrelevante vrae.

Volgens adv. Van Wyk het Du Preez hom meegedeel hy was gespanne toe hy die verklaring afgelê het, maar landdros Lourens getuig die teenoorgestelde.

Du Preez het ook in die verklaring gesê hy vewag geen voordele nie.

Landdros Louerens is verskoon.

Die saak sal môre voortgaan.

 

 

IMG_9681 (Small)

IMG_9684 (Small)

IMG_9685 (Small)

IMG_9686 (Small)

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button