CommunityNewsNews

Man in hof oor meisie se dood

BRITS.  - 'n Man van Noordwes is verlede Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Die nuus dat Kobus Koekemoer die pragtige blouoog, blondekop meisie na bewering doodgeslaan het, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Talle het hul misnoeë teenoor Koekemoer te kennie gegee, terwyl ander boodskappe van simpatie aan die familie gestuur het.

Die gesin woon op ‘n plaas in Mamogaleskraal in Brits, op die Letlhabile-pad. Koekemoer het Vrydag op aanklag van moord in landdroshof in Brits verskyn.

Poppie is glo verlede Dinsdag gedurende die aand hospitaal toe geneem, waar sy dood verklaar is.

Volgens Poppie se ma, Louisa Koekemoer, is daar talle gerugte op Facebook, maar dit is volgens haar hoorsê, en sy sê dat die waarheid moet uitkom.

 Koekemoer moet op 3 November weer in die landdroshof in Brits verskyn, waar hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. 

Hy bly in aanhouding.

Kobus Koekemoer
Kobus Koekemoer

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button