CommunityNewsNewsSportSport

Brand by twee fabrieke op een dag in Midvaal

MEYERTON. - Midvaal Brandweer is gister net voor 16:00 ontbied na 'n brand by een van die fabrieke in die industriële gebied in Midvaal.

Met hul aankoms het rook oral by die fabriek uitgeborrel en moes hulle vinnig reageer om die brand te blus.
Twee brandweerwaens en agt brandweermanne was op die toneel.
Die brand het vermoedelik ontstaan weens ‘n oliepan wat aan die brand geslaan het.
Met hul aankoms was die fabriek reeds ontruim en die brand is vinnig geblus.
Geen beserings is aangemeld nie.
Net voor 17:00 is Midvaal Brandweer na die volgende brand, dié keer by ‘n fabriek in Kliprivier, waar ‘n kragopwekker aan die brand geslaan het.

 

Rook trek by die gebou uit.
Rook trek by die gebou uit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button