CommunityLifestyleNewsPhoto Galleries

Baie ondersteun bewusmakingsdag teen dwelms

Besorgde inwoners van die Vaaldriehoek het verlede Saterdag aan 'n staptog in die omgewing van die ou Yskort-sportterrein deelgeneem as bewusmaking teen dwelms.

Verlede Saterdag het die ouers en ander familielede van wyle Brandon Fourie saam met ‘n groot getal besorgde mense van verskillende rasse aan ‘n dwelm-bewusmakingsdag in die CW5-ongewing van Vanderbijlpark deelgeneem. Brandon is in Julie dood in die veld aangetref, vermoedelik na ‘n dwelmoordosis. Pers linte is om die bome gebind en kruise is in die veld geplaas waar hy gesterf het. ‘n Gebed is ook gedoen op die presiese plek waar sy liggaam gevind is. Dit was sy ouers, Hennie en Elda Fourie, se manier om hulde aan hul kind te bring, maar ook om ander jongmense te waarsku voordat dit te laat is. Die Community Support Forum en ander gemeenskapsorganisasies het ook die dag ondersteun. Hier is ‘n fotobeeld van die dag se bedrywighede.

IMG-20161112-WA0012 brandon drugs IMG-20161112-WA0003 brandon drugs IMG-20161112-WA0002 Brandon drugs IMG_5368 Brandon drugs _MG_5294 Brandon drugs _MG_5153 Brandon dwelm dag _MG_5274 Brandon dwelmdag 20161112_113627 Brandon drugs

Deelnemers aan verlede Saterdag. 12 November, se bewusmakingsdag teen dwelms.
Deelnemers aan verlede Saterdag. 12 November, se bewusmakingsdag teen dwelms.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button