CommunityNewsNews

Waterbeperkings, maar waterlek kry nie aandag

VEREENIGING. - Links en regs word inwoners gevra om water spaarsamig te gebruik, waterbeperkings is ingestel en die Vaaldam, wat water aan inwoners van Gauteng voorsien, se watervlak het so gedaal dat dit water vanaf die Sterkfonteindam moet kry.

Tenspyte hiervan blyk dit asof die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit hulle nie veel steur aan die watertekort en droogte waaronder die land gebuk gaan nie.

Raadslid Elize Aucamp het op 5 November ‘n waterlek in Waterbergstraat, Sonlandpark rapporteer, maar tot op hede is daar nog nie eers ‘n poging aangewend om die probleem op te los nie.

Volgens die eienaar van die woning loop die water die straat vol en word hulle deur die gemeenskap aangespreek omdat dit blyk asof hulle water mors. Sy sê wanneer voertuie verby  die huis ry klink dit asof iemand ‘n swembad leeg getap het soos die water spat.

Dit lyk asof ‘n waterpyp moontlik gebars het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button