CommunityNewsNews

#Gavinskietdood: Verhoor gaan vandag voort

VEREENIGING. - Stephanus Klopper, wat daarvan aangekla word dat hy verantwoordelik is vir die dood van Gavin Victor (20), se verhoor word vandag in die streekhof van Vereeniging hervat.

Daar is gister beeldmateriaal van die voorval aan die hof gewys wat verkry is van ‘n sekuriteitskamera by die besigheid langs Manhattans in Drie Riiviere-Oos.

Klopper het onskuldig op al ses aanklagtes gepleit en beweer hy het slegs uit selfverdediging opgetree,

Die saak teen sy pa, Andreas Klopper, is egter vroeër teruggetrek.

Klopper staan tereg op aanklag van moord, twee klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, die hantering van ‘n vuurwapen onder die invloed van alkohol, die rig van ‘n vuurwapen op ‘n persoon en poging tot regsverydeling.

Die saak is gister tot vandag 10:00 uitgestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button