CommunityLocal newsNews

Francois Jenkins  doen dit weer met al sy talente

Francois Jenkins doen dit weer met al sy talente in Drama, Sang en Dans en presteer ook op Akademiese gebied.

Francois Jenkins  doen dit weer met al sy talente in Drama, Sang en Dans en presteer ook op Akademiese gebied.

DRAMA EN SANG

Francois het deelgeneem aan die VEREENIGING KUNSFEES asook aan die DEL ARTE EISTEDDFOD met Poësie, Engels- en Afrikaanse Monoloë en Solo sang. Hy die volgende simbole ontvang:  1 = A,    6 = A+,    3 = A++  en het op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n A+++ vir sy solosang

DANS

Hy het deelgeneem aan SA DANCE SCHOOL CHAMPIONSHIPS. Hy ontvang ‘n High Silver Medalje (85 – 89%) vir sy Groep Hip Hop dans en ‘n High Silver Medalje (85 – 89%) vir sy Solo Show Dance en ook ‘n Spesiale Toekenning. Hy het ook vanjaar begin met Line Dance en het aan die LINE DANS VRYSTAAT OPE  deelgeneem.  Hy moes 3 danse doen en het ‘n algehele 1ste plek behaal in sy kategorie. Hy het ook 2 Line Dance Eksamens gedoen deur die SA DANCE TEACHER’S ASSOCIATION. Hy het sy Bronze Certificate en sy Bronze Medal Test gedoen en vir altwee 100% gekry asook Honneurs+.

MUSIEK

Hy het ook vanjaar sy Musiek Eksamens gedoen deur die Internationale Kollege – TRINITY LONDON. Hy ontvang  vir sy Praktiese Pop en Rock Eksamen, 91 % met Honneurs. Tydens TALENT AFRICA se Provinsiale kompetisie, kry hy 6 sertifikate, vir sy Country en Solo Open kry hy 80 %, vir sy Pop Solo en Rock Solo kry hy 81 %. Hy het ‘n algehele 1ste plek behaal en ‘n Toekennings ontvang nl: Best Performance Award. By die TALENT AFRICA NATIONAL (SA) Kompetisie, kry hy vir al 3 sy liedjies, GOUD, en ook ‘n toekenning vir die BESTE KOSTUUM. Hy behaal die SA Span en is gekies om SA te verteenwoordig in New York

AKADEMIE

Elke skool in die Distrik het elk 2 leerlinge in Gr. 4 gekies om aan WISKUNDE OLIMPIADE deel te neem. Francois het deelgeneem en was 1 van die 4 wenners in die Sedibeng Oos Distrik. Tydens Laerskool Vryheidsmonument se prysuitdeling het Francois baie goed presteer en het die volgende pryse ontvang:

Erekleure vir Kultuur

Erekleure vir Akademie (Gem van 93%)

Erekleure vir 4 Kwartale Top 10

Erekleure vir Top Wiskunde leerder

Boekpryse ter waarde van R600 ontvang

vir 4 van die 6 vakke as Top presteerder:

Afrikaans 98 %,    Engels 92 %

Wiskunde 98 %                Sosiale Wetenskap 96%

Hy het die Senior Seun Kultuur Trofee ontvang asook die Trofee vir Top Wiskunde Leerder van Gr. 4 – 7.

298 295 291 195 059 005

Back to top button