CommunityLocal newsNewsNews

Plaasaanval in ons area

VANDERBIJLPARK. - 'n Plaasaanval gisteraand 19 April laat mens weereens besef dat niemand meer veilig is in jou eie woning of daarbuite, hetsy jonk of oud.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Plaasaanval gisteraand 19 April laat mens weereens besef dat niemand meer veilig is in jou eie woning of daarbuite, hetsy jonk of oud.

‘n 87 Jarige man is ongeveer 20:00 gisteraand op die plaas Modderfontein op die Parys Fochville pad (R500), aangeval en baie ernstig beseer. ‘n Onbekende aantal booswigte het die plaas betree en die man in sy huis aangerand. Hy het ernstige snye en beserings opgedoen asook skedelbreuk nadat die inbrekers hom met ‘n hammer geslaan het.

Hy is gisteraand deur ER24 Paramediese personeel op die toneel behandel en na die Vereeniging Medi Clinic gehaas waarna hy vanoggend Donderdag 20 April na die Sebokeng hospitaal oorgeplaas is. Die polisie en forensiese deskundiges ondersoek tans die voorval.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD VAN WOENSDAG 26 APRIL

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button