NewsNews

Lyke op snelweg

Beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) was geskok toe hulle by 'n toneel aankom waar 42 lyke op die M1-snelweg beland het.

Die Johannesburgse metropolisie het op Twitter gesê die liggame is in doodskiste vanaf die Charlotte Maxeke-hospitaal na die Olifantsvlei-begraafplaas vervoer.

Die voorval het reeds 09:45 plaasgevind. Die wiele van die sleepwa het losgekom en die doodskiste het op die snelweg naby Braamfontein uitgeval.

Die Gautengse departement van gesondheid het na die voorval in ‘n verklaring gesê die liggame is deur ‘n privaat begrafnisondernemer vervoer en hulle is bly dat die liggame ongeskonde is. 24 van die 42 liggame doodgeboortes.

Die Gautengse forensiese patologiedienste het gehelp om die liggame vanaf die ongelukstoneel na die begraafplaas te vervoer.

Ondersoek word gedoen om te bepaal waarom die liggame in ‘n oop sleepwa vervoer is.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button