Local newsNewsNews

Twee vroue ernstig na botsing by Deneysville

DENEYSVILLE. - Twee vrouens het ernstige beserings opgedoen nadat hulle in 'n ongeluk betrokke was op die Deneysville R716 kruising gisteroggend Sondag 4 Februarie.

DENEYSVILLE. – Twee vrouens het ernstige beserings opgedoen nadat hulle in ‘n ongeluk betrokke was op die Deneysville R716 kruising gisteroggend Sondag 4 Februarie.

Die ongeluk het net voor 12:00 gebeur. ER24 paramediese personeel en Vrystaatse nooddienste het op die toneel die klein wit motor gevind waar hy langs die pad gestaan het met twee vroue binne die voertuig. . ‘n Trok het aan die passasierskant teen die motor gebots en teen vier ander motors gebots. Die vroue bestuurder van die motor is uit die voertuig gehaal en na die hospitaal geneem vir behandeling. Die passasier, ook ‘n vrou, wat aan die kant gesit het waarteen die trok gebots het, moes met spesiale toerusting verwyder word en is toe met ER24 se One Plan Helikopter na die hospitaal geneem vir behandeling. Sy was in ‘n ernstige toestand. Die SAPD ondersoek die ongeluk. Niemand anders was in die ongeluk beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button