Local newsNewsNews

Ongeluk eis bejaarde vrou

Ongeluk eis bejaarde vrou

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk vanoggend 14 Februarie op die kruising van Edison en Andries Potgieter boulevard het die lewe geneem van ‘n bejaarde vrou.

Volgens ER24 se media offisier, Annine Siddall, het ER24 paramediese personeel op die toneel die vrou in die motor gevind. Sy was vasgevang en moes deur die brandweer met spesiale toerusting uitgehaal word. ‘n Bakkie het teen die bestuurder se kant van haar motor gebots. Hartmasering is deur Paramediese personeel toegepas en die vrou is na die Emfuleni Mediclinic geneem waar sy sowat ‘n uur later dood is.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.

Foto: ER24
Foto: ER24

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button