Local newsNewsNews

Buurtwagspan voorkom kabeldiefstal

Buurtwagspan voorkom kabeldiefstal

VANDERBIJLPARK. – Lede van AfriForum se Vanderbijlpark se buurtwag het op 16 Februarie 2018 ‘n vermeende kabeldief gevang en aan die SAPD oorhandig. Die persoon was na bewering besig om helder oordag in ‘n elektriese substasie in Carpentierstraat CE1 te probeer inbreek.

Hannes Kruger, een van die spanlede wat gereageer het, het gesê: “’n Lid van die publiek het kapgeluide gehoor en die buurtwag laat weet. Toe ons daar aankom, was iemand aan die binnekant van die heining besig om een van die veiligheidshekke te probeer opbreek. Die persoon is gevang en aan die SAPD oorhandig voordat enige skade aan die substasie of kabels aangerig kon word.”

Mense wat graag by die tak se aksies en projekte betrokke wil raak, kan e-pos stuur na afriforumvdb@gmail.com

Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlparktak aan: SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button