Local newsNewsNews

Vrou deur inbreker aangeval en verniel

Vrou deur inbreker aangeval en verniel

DENEYSVILLE. – ‘n Inwoner van ‘n kleinhoewe is Saterdagaand 3 Maart deur ‘n inbreker in haar huis oorval, erg aangerand en verkrag.
Dit is weer eens ‘n bewys dat ons deesdae nie eens meer in ons eie huise veilig is nie. Statistiek toon ook dat aanrandings en verkragtings daagliks toeneem. Me. Hester Hooper (58), wat sê sy gaan dit nie wegsteek dat sy verkrag is nie, was die betrokke aand alleen tuis toe sy omstreeks 21:45 iets buite hoor. Sy het die  uitelig aangesit en iemand buite sien loop. Sy het die polisie probeer kontak, maar het die verkeerde nommer geskakel omdat die 10111 nommer glo intussen  verander het.
Die inbreker het ‘n baksteen deur die venster gegooi, deurgeklim en haar begin aanrand. Hy het haar daarna ook verkrag. Hester was erg getraumatiseer en is na die
voorval deur familie en vriende bygestaan. Die polisie se forensiese eenheid het die perseel gefynkam en bewyse ingesamel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button