Local newsNewsNews

Rooftog loop skeef – twee sterf

Rooftog loop skeef - twee sterf

VEREENIGING. – ‘n Gewapende rooftog by ‘n motorhandelaar in Uniestraat op 5 April (verlede Donderdag), het vir die rowers erg skeefgeloop toe hul voertuig buite die stad gerol en twee van die rowers op slag dood is.
‘n Voornemende koper is volgens inligting vanaf Standard Bank agtervolg waar hy R53 000 kontant getrek het om ‘n voertuig by die motorhandelaar te koop. Toe hy by die perseel aankom, het gewapende rowers met ‘n Mazda 6 hom ingewag.
Hy is daarna saam met werknemers van die motorhandelaar in die kantoor ingedwing. Die R53 000 van die kliënt is afgeneem, asook R7 000 van die eienaar en ‘n paar selfone.
Die rowers het daarna weggejaag, maar is deur een van die motorhandelaars agtervolg. Die handelaar het op die toneel aan Vaalweekblad gesê hulle het op hom begin skiet en hy het eerder gestop. Daar was volgens hom ‘n polisievoertuig langs hom wat nie betrokke was by die agtervolging nie. Vanaf die R59 het die rowers die Deneysville-afrit geneem en die bestuurder van die voertuig het hom met die draai misgis en die voertuig het met ‘n hoë spoed teen die wal afgerol. Twee van die rowers is op slag dood. ER24 personeel en Gauteng EMS het een van die beseerde rowers uit die voertuig gehaal en na ’n hospitaal geneem vir behandeling.
Die vierde rower is ernstig beseer en is later deur ER24 se One Plan-helikopter na die Sunshine Hospitaal in Benoni geneem vir behandeling. ‘n Bedrag van R2 800 is op die toneel gekry, asook drie gesteelde selfone en ‘n 9mm vuurwapen.
Een van die rowers wat reeds dood was, was onder die voertuig vasgepen en sy lyk is eers na die afhandeling van die forensiese ondersoek uitgehaal. Paramediese personeel van ER24, Gauteng EMS en verskeie polisie-eenhede soos die Gauteng Blitspatrollie, Viljoensdrift-polisie, Savage Tactical, APRA, Vaal Colliery Fire and Rescue, Sasolburg se Honde-eenheid, Sasol Brandweer, die Vaalrand Honde-eenheid en verskeie ander sekerheids- en nooddienste was op die toneel. Verkeerspersoneel het die afrit toegemaak sodat die helikopter kon land. Die saak word deur die Viljoensdrift-polisie ondersoek.

FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S: JANNIE DU PLESSIS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button