NewsNews

Vier beseer in ongeluk

Vier mense is beseer in 'n motorongeluk toe die bestuurder van die voertuig van die N1 snelweg naby Barrage afgery het.

ER24 paramedici het omstreeks 05:35 gisteroggend op die toneel gekom waar die voertuig in die veld aan die kant van die pad tot stilstand gekom het.

Twee mense het steeds in die voertuig gesit terwyl nog twee op die toneel rondgeloop het.

Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat al vier beserings opgedoen het wat wissel van gering tot matig. Daar was gelukkig geen ernstige of noodlottige beserings nie.

ER24 sê die pasiënte is vir hulle beserings op die toneel behandel en na Sebokeng Hospitaal en Mediclinic Emfuleni vir verdere behandeling geneem.

Die voorval word ondersoek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button