Volgens kapt. Teboho Lephoto, woordvoerder vir die Sebokeng SAPD, was Palesa en haar kêrel Saterdagaand in ‘n stryery betrokke na hulle van ‘n kroeg afgekom het. Volgens bure het hulle gehoor hoe sy gil en hulle het dadelik na haar huis gegaan om die bakleiery stop te sit.
Later die aand het hulle harde musiek gehoor. Die polisie vermoed dat in hierdie tyd het haar kêrel haar vermoedelik vermoor.
Die volgende oggend het hy van die toneel af gevlug en een van haar bure gebel om te gaan kyk hoe dit met haar gaan, maar met ‘n groot skok het die bure op haar lyk, kaal in die bed, afgekom. Nooddienste is geskakel, maar hulle kon niks vir haar doen nie. Sy is op die toneel dood verklaar.
Die polisie is tans opsoek na Palesa se kêrel in verband met die voorval. Enige persoon met inligting kan speur sersant Moleka by 016 988 1340 skakel.
Die polisie doen ook ‘n beroep op lede van die publiek om geweldadige verhouding aan te meld om voorvalle soos hierdie te vermy.