CommunityNewsNews

Drie dood na Meyerton-ongeluk

MEYERTON. - Drie mense is dood na 'n motorongeluk op die Tamboekiesfonteinpad in Kliprivier net voor 00:00 op 2 Junie.

Met brandweermanne van Midvaal Brandweer en paramedici van ER24 se aankoms by die toneel is ses persone op die toneel aangetref. Drie van die ses het reeds aan hul beserings beswyk en paramedici kon niks vir hulle doen nie. Een van die oorledenes was egter in die wrak vasgekeer.

Twee ander persone het kritieke beserings opgedoen, terwyl een persoon geringe beserings opgedoen het.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar die voorval word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button