LifestyleLocal newsNews

Vaaldriehoekers, haal solank julle jasse uit!

Groot koue vir volgende week voorspel

 

‘n Koue front wat vanaf die Wes-Kaap inbeweeg gaan die Vaaldriehoek na verwagting vroeg volgende week tref.
Die Nasionale Weerdiens voorspel dat inwoners van die Vaaldriehoek die val in temperatuur teen Maandagaand (2 Julie) gaan begin voel en teen Dinsdag gaan ons behoorlik bibber. Die koue sal aanvanklik deur ‘n redelike sterk wind vergesel word.
Die minimumtemperatuur vir Vereeniging vir Dinsdag en Woensdag gaan na verwagting ‘n ysige minus 2 grade wees, en minus 1 vir Donderdag. Maak dus maar seker dat plante wat gevoelig is vir koue, behoorlik beskerm word teen swartryp.
Onthou asseblief ook julle diere wat buite slaap. ‘n Ekstra kombersie of twee sal sekerlik welkom wees vir die vierpotiges!
* Die maksimum dagtemperatuur gaan ook nie veel verligting bring nie. Die Vaaldriehoek se dagtemperature sal komende week na verwagting tussen 12 grade en 17 grade wissel, met Dinsdag, Woensdag en Vrydag as die koudste dae.
Hou dus jou warm klere gereed en kry solank al die nodige bestanddele vir ‘n lekker bredie, boontjiesop, pannekoek en melkkos!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button