Local newsNews
Mooi nooi van D.F Malherbe skitter met vele krone
Sy is net in graad 2, maar hierdie jong model het reeds vele titels agter haar naam. Laerskool D.F Malherbe is met reg trots op haar.
VANDERBIJLPARK – Haylene Horn het gedurende die vakansie aan die Royal Internasionale Mej. SA pageant deelgeneem. Sy het die kroon en vele ander titels in die Sweetheart kategorie verower.
Haylene is in graad 2 en neem al vir jare deel aan skoonheidskompetisies. Verlede jaar was sy die wenner van Toddlers & Tweens of the World.

Die juffie gaan dit nog ver bring. Sy weet hoe om gehore en beoordelaars met styl, grasie en persoonlikheid te bekoor. Laerskool D.F Malherbe het hul jong skoonheidskoningin gelukgewens met haar nuwe titel en gesê: “Die loopplank is joune, Haylene en dit is sooo lekker om met jou te spog.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
